Tuis

JOU KIND HET TUISGEKOM !

(Gr. RRR- 12)

Verwelkomingswoord van die Hoof

Sonneveld Akademie bied gehalte-onderrig, met persoonlike aandag deur ‘n toegewyde personeelkorps, in afsonderlike klasse vir elke graad vanaf Graad RRR tot Graad 12. By Sonneveld Akademie ondersteun ons ‘n kennisgedrewe stelsel gebaseer op selfwerksaamheid waar aktiewe, kritiese en ondersoekende denke aangemoedig word. Derhalwe word klasse aangebied met die fokus op die ontwikkeling van 21ste-eeu- leervaardighede wat insluit, kreatiewe denke, kritiese denke, groepsvaardighede asook kommunikasievaardighede. Ten einde elke leerling die geleentheid te gee om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel, word die klasse  tot nie meer as 25 leerlinge beperk. Tans is die “Kurrikulum Assesserings Beleidsverklaring” (CAPS) aanvaar as die skool se kurrikulum vir alle grade. Bykomend tot die betrokke kurrikulum word Bybelonderrig as vak aangebied en geassesseer soos in die Christelike etos van die skool vervat. Sonneveld Akademie is geregistreer en geakkrediteer as ‘n volwaardige onafhanklike skool en eksamensentrum van die Onafhanklike Eksamineringsraad (“IEB”), waarvan die hoë standaard wye internasionale erkenning geniet.

By Sonneveld Akademie ondersteun ons die beginsel van holistiese ontwikkeling van die kind en daarom is sport- en kultuuraktiwiteite integraal deel van die opvoedingsproses. Vir die veiligheid van u kind is daar ‘n naskoolsentrumdiens by die skool beskikbaar.

Saam met u, wil ons die geleentheid daar stel vir die holistiese ontwikkeling van u kind binne ‘n veilige en geborge omgewing. Daarom heg ons ook groot waarde aan ouerbetrokkenheid in die opvoedingsproses. Baie dankie dat u die tyd geneem het om hierdie inligtingstuk onder oë te neem. Kom kuier gerus by ons en ervaar wat ons u kind binne die raamwerk van ‘n baie bekostigbare private onderrigstelsel kan bied.

Baie welkom by Sonneveld Akademie.

Mnr. S.J. Weber

Skoolhoof

Verwelkomingswoord van die onderhoof

Ek verwelkom u trots by Sonneveld Akademie! Hier waar ons harte warm klop vir elke kind wat aan ons sorg toevertrou word.

Met ‘n Christelike grondslag en ‘n beginselvaste visie vir die toekoms, gaan Sonneveld Akademie die toekoms doelgerig tegemoet.  Hier poog ons om elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel en van al die nodige vaardighede te voorsien wat in ‘n moderne, 21-eeuse samelewing benodig word.

Nie alleen lê ons klem op die akademie nie, maar is die ontwikkeling van elke leerder se karakter vir ons net so belangrik. In vennootskap met ons ouers ondersteun en leef ons kernwaardes soos eerlikheid, lojaliteit, dissipline, regverdigheid en respek uit.

In hierdie ontspanne omgewing waar ons klein klassies handhaaf, mag ons leerders nog droom en leer om in hulself te glo en na die beste te strewe.

Ek nooi u graag uit om deel te word van hierdie besondere Sonneveldfamilie, want hier leef ons voluit deur die krag van Christus.

Sonniesgroete.

Sonja Jooste

  • KLEIN KLASSE

    KLEIN KLASSE

    Ons waarborg klasgrootte tussen 15 en 25 leerders per klas.

  • BEKOSTIGBAAR

    BEKOSTIGBAAR

    Afrikaanse christelike privaatskool onderrig teen bekostigbare tariewe. Handboeke word aan leerders deur skool voorsien.

  • 21STE EEU VAARDIGHEDE

    21STE EEU VAARDIGHEDE

    Leerders leer deur die gebruik van kreatiewe denke.

  • OUER BETROKKENHEID

    OUER BETROKKENHEID

    Help met die vestiging van waardes in kinders se ontwikkelingsproses. Oop kommunikasiekanaal tussen ouer, onderwyser en leerder om optimale onderwysproses te verseker.

  • INDIVIDUELE AANDAG

    INDIVIDUELE AANDAG

    Individuele aandag verseker dat elke kind volgens sy vermoë vorder en sukses ervaar. Gratis intervensieklasse waar benodig word.

  • UITNEMENDE ONDERWYS

    UITNEMENDE ONDERWYS

    Gekwalifiseerde en ervare personeel verseker ‘n gestruktueerde veilige leeromgewing binne die uitgebreide kurrikulum KABV(CAPS).

  • KULTUUR

    KULTUUR

    Leerders kry die geleentheid om aan verskeie kultuur geleenthede deel te neem – Redenaars, Drama, Kuns, Eisteddfod, Koor en Olimpiades.

  • SPORT

    SPORT

    Ons neem deel aan alle moontlike sportgeleenthede teen skole in omliggende area.

Visie

Sonneveld Akademie streef daarna om suiwer Christelik-volkseie onderrig daar te stel:

  • Wat gebaseer is op die Christelike Gereformeerde geloof en die Afrikanerkultuur.
  • Wat bekostigbare en uitnemende onderrig verskaf deur middel van effektiewe bestuur, administratiewe stelsels en – dienste en die handhaaf van hoë standaarde.

Missie

Sonneveld Akademie streef daarna om:

  • ‘n Uitnemende onderrigdiens wat gebaseer is op hoë standaarde deur goed gekwalifiseerde, ervare lojale onderwysers.
  • ‘n Ondersteuningsdiens aan leerders te lewer en te verseker dat ‘n leerder as gebalanseerde volwassene voorberei word.
  • Deurlopend te voldoen aan hoë assesseringsstandaarde soos bepaal deur die Sertifiserings- en akkrediteringsliggaam,Umalusi en IEB.

2026 registrasies is oop vir alle grade.

Gr. RRR-12
GEEN aanlyn aansoeke is nodig nie.

Getuigskrifte

Juanita du Plessis

Ons het in 2018 by vriende uitgevind van Sonneveld Akademie toe my dogter in graad 6 was.

Ons het van die eerste oomblik af van als gehou wat ons gehoor het en wou haar graag van graad 7 af in Sonneveld sit, maar het besluit dat sy haar Laerskool loopbaan gaan klaarmaak in die skool waar sy toe was.

Ons het in 2019 meer ondersoek gaan instel oor Sonneveld Akademie en hoe meer ons inligting gekry het, hoe meer opgewonde was ons dat sy van graad 8 af Sonneveld toe gaan.

Die dag van ons onderhoud met Mnr. Weber was so gerusstellend.  Dis vir enige ouer ‘n groot stap wanneer hul kind graad 8 toe gaan.  Einde graad 7 kon ek sien hoe meeste van haar maats spanning beleef het om graad 8 toe te gaan, maar sy was baie rustig en vreeslik opgewonde.

Dag 1 van graad 8 het sy reeds ’n vriendin gehad wat vir haar by die hek gewag het, so sy was glad nie gespanne nie.  Sy kon nie uitgepraat raak op die eerste dag oor hoe baie sy van Sonneveld Akademie hou nie.  Sy sê dis soos ’n familie.  Almal ondersteun mekaar en onderwysers is altyd gewillig om te help.

Die hele ontvangs by Sonneveld Akademie was net besonders wonderlik en ek is vandag spyt ek het my dogter nie van dag 1 af in Sonneveld Akademie gesit nie.

Daar is soveel ondersteuning en liefde wat aan ons kinders gebied word en ons word altyd op hoogte gehou van als wat daar gebeur.  Sonneveld Akademie is vir seker een groot familie.  Ek sal hulle enige dag aanbeveel.

Hulle stel baie belang in elke kind se prestasie en is baie trots op elke Sonnie.

Ons is baie trots om deel te wees van die Sonnies-familie.

Helen Du Toit

“Elke dag is opedag…” dis die reel wat my oortuig het om my kind te skuif soontoe…ek wou weet wanneer is opedag en toe ek dit hoor het ek geweet…dis nie net n skool wat een dag in n jaar  reg en spesiaal maak vir ons as ouers om te kyk wat by n skool aangaan nie. Sonneveld Akademie is elke dag reg vir opedag.

Geen boelies…dit is ook vir my een van die redes wat ek besluit het om te skuif. En ek moet sê ek is sover nog baie beindruk met daai reel.

En dan is dit die respek en liefde  wat die onderwysers vir die  kinders het…mens kry dit nie sommer meer nie …

En ek moet ‘n pluimpie gee vir dissipline by die skool…ek as ma hou van orde en dissipline…

En laastens en belangrikste…Christlikheid….ek kan eerlik sê….dis iets wat my na aan die hart lê is Bybel in skool…en dis weer eens een van Sonneveld se pluspunte kry.

My kind is gelukkig…sy sien weer uit om skool toe te gaan…klasse is klein en sy geniet die aandag wat meer is as wat dit in groter klasse was.

Ek sien uit om nog jare n pad te stap met Sonneveld Akademie.

Baie dankie daarvoor…ek weet my kind is in goeie hande sodra ek haar by die hek aflaai…veral met die Covid-storie het ek nog nie een dag bekommerd geraak dat daar nie na ons kinders gekyk gaan word nie. Julle maak die ma se hart baie gerus…en dankie daarvoor!

Bernedene Oosthuizen

Christelike skool met goeie waardes en norme. Die skool is een groot familie wat saamstaan en saamwerk. Dit is ‘n ouerskool, waar ons ouers, leerders en onderwysers hard saam werk om n sukses van die skool te maak. Die onderwysers van Sonneveld het ‘n passie vir skoolgee. Hulle maak seker dat elke leerder sy of haar individuele aandag kry.

Die kinders van Sonneveld is gedisiplineerd en groet vriendelik as jy by die hekke ingaan.

Dit is ‘n skool waar kinders dieselfde Christelike beginsels leer as wat hy by die huis geleer word. Onderwysers lei ons kinders op die regte pad en is ook ‘n goeie voorbeeld vir ons kinders.

My eie kinders is in Sonneveld van 2011 af. Hulle is baie gelukkig en wil nie een dag van skool mis nie. Vakansies is vir hulle te lank en hulle kan nie wag om hulle onderwysers en maats te sien nie. Ek is onbeskryflik trots op wat my kinders al kon behaal en bereik deur die hulp van hul onderwysers. Kinders groei geestelik en verstandelik elke dag.

Leerders kry geleentheid om aan sport deel te neem sowel as kultuur aktiwiteite.

Ons skool het baie talentvolle leerders wat ook met n verskeidenheid van buitemuurse aktiwiteite ons skool se naam hoog hou.

Sonneveld Akademie is voorwaar n besonderse skool. Met Meneer Weber, beheerligaam en n passievolle onderwyskorps aan stuur van die skool is daar geen uitdaging wat die skool sal onderkry nie. Dit is ‘n veilige plek waar ons kinders kan leer en speel. En so hul toekoms en drome bou.

© Kopiereg - Sonneveld Akademie