Akademie
Ons neem die uitdaging ernstig op om ons leerders nie net ‘n hoë standaard vakkinhoud te bied nie, maar ook toe te rus met die nodige vaardigheid om selfstandig, ondernemend, beredenerend en om krities te dink.
Leerlinge moet as gebalanseerde, volwasse jongmense leiding neem, krisisse hanteer, uitdagings oorbrug en geloof behou terwyl hulle hul roeping, ideale en drome najaag.
Ons akademie is op die KABV kurrikulum gebaseer, met vakke wat wissel van Bybelonderrig, Ingenieursgrafika- en Ontwerp, Toerisme en Algemene Wetenskappe.
Sonneveld Akademie se akademie word verder gerugsteun deur:
- ‘n Christelike atmosfeer.
- ‘n Gevestige Dissiplinêre stelsel.
- Klasse wat nie meer as 25 leerlinge akkomodeer nie.
Intervensie
Sonneveld Akademie bied ook leerders die geleentheid om van intervensie (ekstra klasse) gebruik te maak. Indien ‘n leerder met werk wat in die klas behandel was sukkel en nie met die inoefen proses van huiswerk die behandelde stuk bemeester nie, kan die leerder, ouer of onderwyser intervenssieklasse voorstel. Dit kan vooraf met die betrokke onderwyser gereël word. Tydens hierdie uur kry die leerling dan weer die geleentheid om die opdrag weer saam met die betrokke onderwyser te behandel. Dit is ‘n gratis diens wat beskikbaar is vir alle leerders.
Huiswerk
Huiswerk is ‘n verlengstuk en aanvulling van klaswerk wat buite die klaskamer deur leerlinge self voltooi en/of geleer moet word. Die Gr.1 tot Gr.3 leerling het egter die leiding en toesig van die ouer nodig wanneer huiswerk gedoen word en kan nog nie heeltemal selfstandig werk nie.
Die doel van huiswerk is om die kind te help om met selfstandigheid, selfdissipline en verantwoordbaarheid sy/haar werk in te oefen.
Huiswerkinformasie
Sonneveld Akademie maak van die amptelike kommunikasiekanaal D6 gebruik.
Al die leerders vanaf Gr.4 tot Gr.12 se taakopdragte word daar geplaas.
Grondslagfase Gr.RRR – Gr.3 het “WhatsApp”-groepe asook huiswerkboekies wat die juffrou gereeld vir ons ouers op hoogte hou.
Van ons Gr.4 – Gr.12 leerders word daar verwag om ‘n huiswerkboek te hê sodat hulle daagliks hulle eie huiswerk kan aanteken. Dit word nie op D6 geplaas nie, die rede daarvoor is dat leerders meestal geleentheid in klastyd kry om met hulle huiswerk te begin en dit kan dan gebeur dat een leerder ander huiswerk as die ander leerder sal hê
Vakkeuses
Verpligte vakke vir Graad 7 tot 9
• Afrikaans
• Engels (Eerste addisionele taal)
• Wiskunde
• Bybelonderrig
• Lewensoriëntering
• EBW – Besigheidstudie en Rekeningkunde
• Sosiale Wetenskap – Geskiedenis en Geografie
• Natuurwetenskap – Lewenswetenskap en Fisiesewetenskap
• Kuns en Kultuur
• Tegnologie
Verpligte vakke vir Graad 10 tot 12
• Afrikaans Huistaal
• Engels (Eerste Addisionele Taal)
• Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid
• Lewensoriëntering
• Bybelonderrig
Keusevakke vir Graad 10 tot 12
Alle leerlinge moet drie (3) vakke uit die volgende kies:
• Lewenswetenskap
• Fisiese Wetenskap
• Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)
• Rekeningkunde
• Besigheidstudie
• Toerisme
• Ingenieursgrafika- en Ontwerp (IGO)
• Verbruikerstudie
• IT
• Landbou
• Kuns
Meer oor ons
Sonneveld Akademie het voorheen bekend gestaan as Volkskool Brakpan. Die naam is verander na Sonneveld Akademie op 1 Januarie 2016. Saam met die Beheerliggaam van Sonneveld Akademie, het die skool weg beweeg van die BCVO se kurrikulum af
Kalender
M | T | W | T | F | S | S |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | 31 |
Mnr. S. Weber
Mobile: 084 662 3389