Buitekurrikulêre aktiwiteite: Kultuur
Kultuuroordrag is inherent deel van die opvoedingsproses en daarom moedig ons leerlinge aan om by kultuuraktiwiteite betrokke te wees. Godsdienstige en Afrikanerfeesdae word deur die skool herdenk. ‘n Verskeidenheid aktiwiteite word deur die loop van die jaar aangebied om kinders die geleentheid te bied om binne en buite skoolure kultuur te skep en uit te leef.
Sonneveld Akademie Kultuurfees
Dit is vir ons baie belangrik dat elke leerling die vrymoedigheid moet neem om hulleself te bemagtig, om met selfvertroue hulle lewens en toekoms aan te pak. Met hierdie in gedagte het ons ‘n nuwe jaarlikse kultuurkompetisie geloods, so is die Sonneveld Akademie Kultuurfees op Saterdag, 24 Junie 2017 vir die eerste keer gehou. Ander skole in die omgewing asook enige privaat inskrywings is genooi.
Dit was ‘n groot sukses en bied die geleentheid aan elke leerling om vir die eerste keer hulle kultuur- en kunsvlerke binne die bekende omgewing van hulle geliefde skool te sprei. Hierna moedig ons elke leerling aan om vir ander kompetisies in te skryf.
Kultuurfeeste waaraan Sonneveld Akademie deelneem:
- Allegretto
- Con Spirito
- Brakpan Kunswedstryd
- Del Arte