Skoolwapen
Die absolute soewereine heerskappy van God Drie-enig, word gesimboliseer deur die ovaalvormige gedeelte.
Die oop boek simboliseer die Bybel as die Woord van God.
Die volk, geanker in die Woord van God, hou die Christelike geloof en sy volkskultuur lewend soos gesimboliseer deur die saamgestelde vlam.
Die rooi gedeelte van die vlam verteenwoordig die lewenskrag van die Volk, die geel gedeelte die Christelike geloof en die oranje gedeelte die volkskultuur.
Skoolvlag
Die skoolvlag word tydens Republiekdagviering, op 30 Mei 2008, amptelik in gebruik geneem en vir die eerste keer gehys.
Die skoolwapen in die linkerkanste derde van die vlag, op ‘n turkoois agtergrond.
Die drie bane, van bo na onder, onderskeidelik geel, wit en rooi, begin in ‘n punt en loop skuins van bo al hoe wyer. Dit simboliseer dat die Volkskultuur geanker is in die Bybel as Woord van God, en gedra word deur die Christelike geloof wat toekomsgerig is met ‘n ewigheidsperspektief
.
Dit gee sin aan die mens se bestaan en werk, op pad na die ewige Koninkryk van God Drie-enig. Want uit Hom en deur Hom is all dinge!
Ontwerper van die Skoolvlag: Andre Malan (Hoofseun 2008)
Skoollied
Kom almal saam, kom tree nou aan
Ons wil ons skoollied nou hier sing tesaam
Staan nou op aandag ons wil hulde bring.
Hier aan die Oos-Rand is ‘n skool
Sonneveld Akademie
Hier werk ons met ons hele hart
En ons raak nooit afgemat
Ons leuse is vir God en volk
Ons wil hier leef en speel
Ons wil hier werk vir God en Kerk
Want dis ons toekoms werd.
Ons wil ook hier ons denke bou
Om so ons volkstrots te behou
Want ons is kinders van die Heer
Aanbid Hom keer op keer
Ons wil met krag wat kom van bo
Altyd in God bly glo.