Meisies
Somersdrag (Laerskool)
Turkoois skoolrok met ‘n wit kraag. (Die lengte van die skoolrok moet sodanig wees dat as daar met die knieë op die grond gestaan word, moet dit vier vingers van die grond af wees).
Kort grys sokkies, sonder strepe, wat eenkeer omgevou word
Turkoois skooltrui of oortrektrui met geel en wit strepe om hals en op onderste rifband.
Swart “Drimac” / Sonniesbaadjie kan in die somer gedra word as dit reën of as dit koud is.
Turkoois skoolbaadjie met skoolwapen is opsioneel en kan gedra word van graad 1 tot 7.
Somersdrag (Hoërskool)
Grys romp en ‘n wit kortmou skoolbloes. (Die lengte van die skoolromp moet sodanig wees dat as daar met die knieë op die grond gestaan word, moet dit vier vingers van die grond af wees).
Kort grys sokkies, sonder strepe, wat eenkeer omgevou word
Turkoois skooltrui of oortrektrui met geel en wit strepe om hals en op onderste rifband.
Swart “Drimac” / Sonniesbaadjie kan in die somer gedra word net as dit reën.
Turkoois skoolbaadjie met skoolwapen is verpligtend.
Wintersdrag (Laer- en Hoërskool)
Lang grys broek.
Wit toeknoop, langmou skoolhemp.
Lang grys kouse.
Turkoois skooltrui of oortrektrui (soos by somersdrag)
Swart “Drimac” / Sonniesbaadjie (soos by somersdrag)Turkoois skoolbaadjie (soos by somersdrag)
Seuns
Somersdrag (Laerskool)
‘n Grys kortbroek met ‘n wit kortmou hemp (die hemp mag nie by die broek uithang nie).
Lang grys kouse.
Turkoois skooltrui of oortrektrui met geel en wit strepe om hals en op onderste rifband.
Swart “Drimac” / Sonniesbaadjie kan in die somer gedra word as dit reën of as dit koud is.
Turkoois skoolbaadjie met skoolwapen is opsioneel en kan gedra word van graad 1 tot 7.
Somersdrag (Hoërskool)
‘n Grys langbroek met ‘n wit kortmou hemp (die hemp mag nie by die broek uithang nie).
Lang grys kouse.
Turkoois skooltrui of oortrektrui met geel en wit strepe om hals en op onderste rifband.
Swart “Drimac” / Sonnies baadjie kan in die somer gedra word net as dit reën.
Turkoois skoolbaadjie met skoolwapen.
Wintersdrag (Laerskool)
‘n Grys langbroek met ‘n wit langmou skoolhemp.
Lang grys kouse.
Skooldas
Turkoois skooltrui of oortrektrui (soos by somersdrag)
Swart “Drimac” / Sonniesbaadjie (soos by somersdrag)
Turkoois skoolbaadjie (soos by somersdrag)
Graad 1 tot 6 seuns en dogters mag kaalvoet skool toe kom in die somer. Swart skoolskoene met ‘n bandjie oor die bokant van die voet of toerygskoene is toelaatbaar vir dogters.
Swart toerygskoene word deur die seuns gedra.
Skoolskoene moet te alle tye saam met die skoolbaadjie gedra word.
Geen sweetpakke of enige ander baadjie mag by die skooldrag gedra word nie. Slegs die wit/swart serpe, met skoolwapen, mag gedurende die winter gedra word.
Algemene voorkoms
Meisies:
Hare
Die kuifhare mag nie laer as die boonste gedeelte van die wenkbroue strek nie. Kuiwe wat langer is, moet weggekam of weggebind word, maar mag nie hoër as 5cm gelig wees of regop staan nie. Hare mag gekartel word, maar geen ultra-moderne kapsels word toegelaat nie. Hare mag nie gekleur word nie. Geen kleursjampoe, kleurmousse, tinte of permanent kleur sal toegelaat word nie.
Die hare mag agter nie laer as die skouermaat van die baadjie strek nie. Indien dit wel laer strek, moet dit met ‘n knippie of rekkie in die nek, nie op die rug of oor die ore vasgemaak word nie. Al die hare moet vasgemaak wees. Hare wat korter is as die skouermaat van die baadjie, mag los gedra word, maar moet met ‘n haarband (“alice band”) of knippies uit die gesig gehou word.
Die hare mag aan die sykante nie laer as die onderste gedeelte van die oor strek nie. Kort en lang “Bob” style word met ‘n haarband gedra. Hare wat agter die oor ingedruk is en nogsteeds uitval, moet weggesteek word met knippies.
Die haarknippies, rekkies, haarballetjies, linte of haarbande wat gebruik word, moet turkoois of wit wees. Geen neon-kleure of uitspattige haartooisels word toegelaat nie.
Die hare moet altyd netjies, skoon en goed versorg wees. Hare mag nie in ‘n “boskasie” op die kop wees nie.
“Klein vlegseltjies” wat nie eie is aan ons tradisie en Afrikanerkultuur nie, sal nie geduld word nie. Haarverlengings van enige aard is ontoelaatbaar.
Die skool behou die reg voor om indien ‘n leerder nie aan die vereistes voldoen nie, strafmaatreëls toe te pas of die leerder huis toe te stuur om hare reg te maak.
Grimering
Geen grimering mag gedra word nie. Maskara en oogomlyner mag nie gebruik word nie, asook geen onderlaag, gesigpoeier of gesigrome wat gekleur is nie. Toestemming tydens uitsonderlike akute aknee-probleme vir spesiale rome wat soos bv. onderlaag lyk, moet by die Hoof verkry word.
Geen getinte oogwimpers of wenkbroue sal toegelaat word nie.
Dogters mag nie na skoolure grimering of los hare by skooldrag of sportdrag dra nie.
Geen gekleurde lipgel of lipglans nie.
Indien die reëls rakende grimering oortree word, sal sodanige leerder aangesê word om dit onmiddellik te verwyder en hul ouers sal ingelig word.
Juweliersware
Geen hangertjies, krale, toutjies of enkelbandjies word toegelaat nie.
Een seëlring mag gedra word aan die ringvinger of die middelvinger.
Geen armband, (behalwe mediese armbandjies) mag gedra word nie. Slegs ‘n horlosie (slegs swart, goud of silwer) met klein gesiggies (± 2cm) sonder versierings word toegelaat.
Slegs meisies mag oorbelletjies dra. Ringetjies mag nie groter wees as ‘n 5c-stuk nie. Goue of silwer insteekballetjies – deursnee 2,5 – 4 mm is toelaatbaar. Slegs een gaatjie per oor in die middel van die oorbel is toelaatbaar.
Geen neusringe word toegelaat nie, ook geen voorwerpe om die gaatjie in die neus oop te hou nie.
Juwele sal summier ingeneem word indien dit nie volgens reëls gedra word nie, waar dit in die kluis by die kantoor bewaar sal word tot aan die einde van die betrokke kwartaal. Sodanige leerders kan dit dan op die dag wat die skool sluit vir daardie betrokke kwartaal, by die Hoof gaan afhaal.
Naels
Die naels moet so lank wees dat nie meer as 2mm by die vingerpunte verbysteek as dit van die binnekant van die hand by die hoogste ronding van die vinger gemeet word nie.
Kleurlose naellak mag gedra word; geen ander gekleurde naellak of naellak met ‘n skynsel nie.
Geen sintetiese naelversterkers soos “French manicure, Fibre tips of Gel-nails” word toegelaat nie.
Die skool behou die reg voor om die ronding te knip as dit nie volgens skoolreëls is nie.
Seuns
Hare
Die hare moet altyd netjies en skoon voorkom – geen vreemde of ultra moderne haarstyle nie.
Geen trappe “Steps” mag in die hare ingesny word nie – hare moet kort langs die kante en agter wees. Hare bo-op die kop mag nie in ‘n “sampioensnit” wees nie – hare moet uitgedun wees bo-op die kop.
Hare mag nie gekleur of gekartel word nie. Geen gel of haarmousse mag gebruik word nie.
Die hare mag nie agter die oor omkrul nie.
Hare aan die sykante mag nie aan die ore raak nie – die hare om die oor moet weggeskeer wees.
Die hare mag nie agter aan die kraag van die baadjie of hemp raak nie.
Geen bakkebaard word toegelaat nie.
Hoërskoolseuns moet altyd skoongeskeer wees.
Die skool behou die reg voor om indien ‘n leerder nie aan die vereistes voldoen nie, strafmaatreëls toe te pas of die leerder huis toe te stuur om die hare reg te maak.
Juweliersware
Seuns dra geen juwele, oorringe, tongringe ens. nie. Ná skool mag hierdie juwele nie saam met skooldrag of sportdrag gedra word nie; ook nie saam met privaatklere by skoolfunksies nie.
Horlosies: Slegs swart, goud of silwer met ± 3cm gesig.
Juwele sal summier ingeneem word indien dit nie volgens reëls gedra word nie, waar dit in die kluis by die kantoor bewaar sal word tot aan die einde van die betrokke kwartaal. Sodanige leerders kan dit dan op die dag wat die skool sluit vir daardie betrokke kwartaal, by die Hoof gaan afhaal.
Rook
Rook tydens skoolure op die skoolterrein word streng verbied.
Geen leerder mag in besit wees van enige rookgoed op die skoolterrein tydens skoolure, skoolfunksies of skoolaktiwiteite nie, rookgoed sal summier gekonfiskeer word.
Buite skoolure mag geen leerder met skooldrag aan, in die openbaar rook nie.
Geen leerder mag tydens enige skoolfunksie of skoolaktiwiteit, hetsy in skooldrag of privaatdrag, rook nie.
Indien bogenoemde reëls oortree word, sal drastiese stappe geneem word wat kan lei tot uitsetting.
Skoolterrein
Leerders mag geen fisiese kontak op die skoolterrein hê nie, ook nie buite die skoolterrein met skooldrag of sportdrag aan nie.
Geen leerder mag soggens voor skool of tydens pouse in vriende se motors of op motorfietse buite die skoolterrein sit nie. Hulle moet met aankoms die terrein inbeweeg, en binne bly.
Geen leerder mag binne – of buite skoolure met skooldrag enige pamflette of kennisgewings namens instansies of persone deel, sonder toestemming van die Hoof of Beheerliggaam nie. Die leerders is onderhewig aan die dissipline van die skool.
Geen leerder op die skoolterrein mag gedurende skoolure met persone buite die skoolterrein gesels, of by eie motors saamdrom nie.
Leerders mag nie vuurwerke of alkoholiese drank skool toe bring nie of op die terrein hanteer of gebruik nie – dit sal gekonfiskeer word en is strafbaar.
Geen rommel soos toebroodjiepapier, skyfiepakkies, lekkergoedpapiere ens. mag op die skoolterrein gestrooi word nie.
Gedurende pouses en ná skool mag daar geen samedromming in die kleedkamers wees nie.
Geen leerder mag voorskool of gedurende pouses in die klaslokale wees nie, behalwe met toestemming of onder toesig van ‘n onderwyser.
‘n Sonneveld Akademie-leerder gebruik nie vuil of onwelvoeglike taal nie en hou ook sy/haar taal suiwer. Ons gebruik ook nie die Here se naam ydelik nie.
Leerders mag nie aan mekaar stamp of mekaar afknou nie. Daar mag ook nie op die stoepe gehardloop word nie.
Wees altyd betyds by die skool. Indien ‘n leerders egter laat kom, moet hy/sy eers by die kantoor aanmeld.
Tydens klaswisseling moet leerder ordelik beweeg. Leerders wat laat kom by klasse sal gestraf word.
Geen vandalisme sal toegelaat word nie.
Skoolsaal/Kerkgebou
Geen leerder word sonder toesig van ‘n onderwyser in die saal toegelaat nie. Wanneer leerders saalbyeenkomste het, word daar van hulle verwag om stil, ordelik en netjies die saal binne te gaan, vergesel van hul klasonderwyser.
Kleedkamers
Kleedkamers behoort die trots van elke leerder te wees. Leerders moet die kleedkamers te alle tye netjies en skoon laat nadat hulle dit gebruik het. Geen etery, hardloop, gly of speel word in die kleedkamers toegelaat nie.
Fietse, motorfietse en motors
Indien ‘n leerder binne die skoolterrein met ‘n motor wil parkeer, moet skriftelik daarvoor aansoek gedoen word by die Hoof. Toestemming sal egter slegs ná deeglike oorweging gegee word. Ouers sal ten volle aanspreeklik gehou word vir enige eise wat mag voortvloei uit enige ongeluk waarby hulle kind/ers in ‘n voetuig op die skoolterrein betrokke is. Die skool aanvaar ook geen verantwoordelikheid vir enige skade wat dalk aan die voertuig binne die skoolterrein aangerig word nie. Ons wil egter ‘n dringende beroep op ouers doen om leerders ernstig te ontmoedig om met motors skool toe te kom.
Fietse en motorfietse mag nie binne die skoolterrein gery word nie.
Optrede buite die skool
Waar ons ookal beweeg of wat ons ookal doen, moet ons optrede altyd korrek en volgens die gees van die skool wees. Vir Sonneveld Akademie is net die beste goed genoeg!
Skooltasse
Slegs tasse of rugsakke met versterkte kante mag gebruik word.
Niks mag op die tasse geskryf wees, geskets of geplak word nie – tasse mag wel gemerk word met bv. ‘n naamkaartjie.
Handboeke
Handboeke is en bly die eiendom van die skool. Leerders is aanspreeklik vir alle handboeke aan hulle uitgereik en moet verlore en vernielde boeke self vervang. Handboeke moet te alle tye netjies met plastiek oorgetrek word.