Die opvoedingsprogram van Sonneveld Akademie bestaan nie net uit die versamel van feitekennis nie. Indien dit ons doel was, sou ons onvolledige jongmense die lewe instuur. Dit is vir ons van belang dat ‘n kind ook ‘n breër belangstelling sal toon as slegs in sy/haar skoolwerk.
Ons neem ook die vrymoedigheid om u uit te nooi om saam met u kinders by ons skoolaktiwiteite betrokke te wees.
Sekerlik die grootste geskenk wat u as ouer u kind kan gee is tyd en belangstelling in u kind se skoolaktiwiteite.
Sport dra nie net by tot die liggaamlike uitbouing van u kind nie, maar ook tot sy/haar geestelike verryking. Deelname word beklemtoon en ‘n oordrewe klem op kompetisie word vermy. Die skool skakel in by streeks- en landswye sportgeleenthede en kompetisies wat onderling tussen Private Skole, en omliggende skole, gereël word. Leerlinge kan aan enige van die volgende sportsoorte deelneem:
- Netbal
- 7’s Rugby
- Mini-Krieket
- Atletiek
- Skyfskiet